Kategese 28 Maart 2021 – Die Wederkoms

Ons lees op ‘n paar verskillende plekke in die Bybel van die terugkoms van Jesus.  In al vier die Evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes) praat die Here Jesus self daaroor dat Hy moet opvaar na die hemel, maar dat Hy weer gaan terugkom.

Ons weet nie wanneer dit gaan wees nie, maar ons kan uitsien na daardie dag.  Intussen lewe ons in die verwagting dat Hy enige tyd kan kom en vertel ons vir almal van Hom totdat Hy kom.

Ons weet dat Hy die Koning van die konings is en wanneer die wederkoms plaasvind Hy finaal as Heerser en Oorwinnaar sal staan.

Kliek op die skakels hier onder om die onderskeie hulpmiddels in pdf-formaat af te laai:

|| Riglyne || Prentjie en Teksvers || Invul- en besprekingsvrae || Aktiwiteit ||