Ons kan tog nie anders nie as om die Here te loof vir die voorreg om te kan sien. Die manier hoe die menslike oog ontwerp het is mindblowing!
In die Bybel word daar eintlik nogal baie van hierdie sintuig gepraat. Daar is eintlik te veel voorbeelde om op te noem, maar kom ons kyk net na ‘n paar. Daar is, eerstens, dit wat ons sien:
Die Bybel vertel ook vir ons wat God sien:
“Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.” (Ps 139:1) en “Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien?” (Ps 113:5-6)
Dan sê dit ook natuurlik iets van wat ons nie sien nie:
“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb 11:1)
En wat ons graag wil sien sodat ons kan glo as ons in Johannes 20:25 lees van Tomas:
Dan gebeur die wonderwerk in die volgende verse:
Ons is soms geneig om neer te kyk op die arme “ongelowige Tomas” oor sy kortsigtigheid. Maar soos Tomas het ons almal tog die behoefte dat ons graag wil sien en glo. Maar die wonderlike is dat die Here aan die dissipels verskyn het sodat ons kan glo en sien! Ons lees in Johannes 20 vers 30 en 31:
“Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.”
Omdat ons glo kan ons anders na die wêreld kyk, verander ons perspektief, sien ons dinge raak wat ons andersins sou misgekyk het, sien ons die werk van sy vingers soos Psalm 8 sê. Maar kan ons weereens ook, soos ons die res van die week ook ontdek het, deur ons lewens, deur ons liefde, God sigbaar maak vir ‘n wêreld wat Hom nog nie gesien het nie en Hom so, so nodig het.