Vrydagaand, 14 Mei, kyk ons saam na die fliek ‘Chocolat’ en ons gaan ook sommer lekker kuier met pannekoek en koffie. Vir net R30 kan jy jou fliekkaartjie bespreek en dit sluit ‘n heerlike koppie koffie en ‘n kaneelsuiker pannekoek EN ‘n sjokolade pannekoek in.
Die fliek dien as inleiding en wegspringpunt vir ons Pinksterreeks wat Sondag begin. Ons Pinksterreeks preke se tema is: “Die Heilige Gees, Tjoklits en Gewone Kerkmense”. Jy wil dit nie misloop nie!
Jy kan ook vir jou regte kaneelsuiker pannekoeke bestel om Vrydag daar te eet of vir by die huis gaan eet, teen R5 per pannekoek.
Die wegneem pannekoek sal al van 17:00 Vrydagmiddag beskikbaar wees om te kom haal. En dan begin die fliek om 19:00 draai.
Bestel asb. jou wegneem pannekoeke EN bespreek jou fliekkaartjies met koffie en pannekoek voor Donderdagmiddag 16:00 by Louisa op haar selnommer, 082 921 6770.
Kom kuier saam!