In hierdie uitdagende tyd waar dinge nou bietjie ongemaklik is en nie werk soos wat ons gewoond is nie, moet ons aanhou om aanpassings te maak sodat ons nog kan vorentoe beweeg. Die ellelange Lockdown tref ons almal hard en op verskillende vlakke en maak dit baie dinge moeiliker. Tog is daar in hierdie tyd belangrike werk wat moet voortgesit word en nog baie om voor dankbaar te wees.
So raak die feit dat ons nie normaal erediens kan hou, en ons weeklikse dankoffer as gemeentelede soos gewoonlik by die erediens kan gee nie, ook die Gemeente se begroting direk.
Daarom wil ons graag ‘n beroep op elke lidmaat van ons Weskerk-familie doen om aan te hou om offervaardig te wees en nog, sover dit vir jou moontlik is, jou weeklikse en maandelikse dankoffer te gee.
Met dit ingedagte wil ons dit vir jou so maklik as moontlik maak, en het die Kerkraad goedgekeur dat ons ‘n ekstra kanaal kan byvoeg waarlangs gemeentelede hul dankoffer kan bring, nl. Snapscan.
Jy kan sommer maklik met die Snapscan App op jou foon die Weskerk Snapscan-kode skandeer en direk jou dankoffer daar betaal. Vir volledige instruksies om Snapscan te gebruik kan jy hier die dokument aflaai. As jy op jou foon op hierdie skakel kliek dan neem dit jou ook direk na ons Snapscan betaalpunt.
Hierdie is slegs ‘n addisionele manier wat ons tot jou beskikking wil stel om dit, vir die wat daarmee gemaklik is en wat hierdie manier verkies, moontlik te maak om sonder moeite jou dankoffer te kan gee. Al die ander maniere sal (wanneer ons weer bymekaar is!) nog beskikbaar wees.
Intussen kan jy ook, as jy dit so verkies, van ‘n EFT gebruik maak. Ons gemeente rekening besonderhede is soos volg:
- NG Gemeente Ellisras-Wes
- ABSA Tjekrekening
- Nommer: 1470 590 145
Mag die Here jou seën dat jy vir ander tot seën kan wees in hierdie tyd en mag Hy in elke behoefte wat jy het voorsien.