Vanaf Opstandingsondag tot en met Hemelvaartsdag is ‘n tydperk van 40 dae. Soos jy seker al afgelei het, is die 40 dae tydperk ‘n interessante, én gereelde, verskynsel in die Bybel. Gaan kyk maar hoe dit elke keer gepaard gaan met die begin van ‘n nuwe era of met die oorgang na ‘n nuwe fase of ‘n groot verandering voorafgaan.

Deesdae is dit ook vreeslik mode om die eenofander transformasie proses oor veertig dae aan te pak – gewigsverlies, liggaamsbou, oefening, boeke lees, finansiële vryheid, of wat dit ookal mag wees.
As kerk van die Here, as sy liggaam, wil ons egter hierdie volgende veertig dae tot Hemelvaart bietjie anders aanpak. Kyk uit op ons webwerf vir ‘n nuwe 40 Dae Dagstukkie elke dag (behalwe Sondae!) en kom saam met ons op hierdie reis van ontdekking en dieperdelf en transformasie. Daar is ook ‘n paar verrassings langs die pad…
En moet natuurlik nie volgende Sondag, 28 April 2019, die afskop van die hierdie nuwe preekreeks mis nie!!
Vandag is Dag 1 van 40. Vat êrens ‘n oomblik en dink bietjie na oor wat daar in jou lewe is wat jy graag sal wil hê moet transformeer. Wat is daar in jou verhouding met die Here (en met mense?) wat moet transformeer sodat jy nog beter sy kerk kan wees?