Ons leef in uitdagende tye. Daar is so baie wat ons moet weet, baie wat ons nie weet nie, en baie wat ons moet oorweeg en opweeg. Wat ons wel verseker weet is dat die Here ons lief het en dat Hy ons geroep het om sy Kerk te WEES ook in 'n tyd soos hierdie.
Op hierdie bladsy wil ons vir jou soveel moontlik inligting beskikbaar stel oor die regulasies rondom COVID-19 wat direk op die Kerk betrekking het. Lees groot asseblief daardeur en verwittig jouself so wyd en diep moontlik van alles wat hier in spel is.
Al kan ons nog nie nou bymekaar wees op die manier hoe ons so graag wil nie, wil ons tog intussen begin om al die nodige sisteme in plek te kry sodat ons vaartbelyn kan wees om sodra omstandighede dit toelaat ons onmiddelik kan begin.
Aan die anderkant wil ons ook, terwyl daar nou dalk nuwe ruimte daarvoor is, op nog meer praktiese maniere Kerkwees en 'n wesenlike verskil in ons gemeenskap maak deur te sorg, nood te verlig, te ondersteun en die Boodskap van Hoop uit te dra.
Daarom wil ons jou ook uitnooi om hier onder vir ons jou terugvoer en voorstelle te gee, nie net oor die heropening van ons eredienste nie, maar ook oor hoe en waar ons 'n verskil kan maak in ons dorp.
Skakels:
- Kerkbode artikel 2 Junie 2020 - Pleidooi uit ‘hotspot’: Moenie eredienste hervat
- Kerkbode artikel 29 Mei 2020 - Eredienste: Maak eers góéd gereed, maan SARK
- Kerkbode artikel 27 Mei 2020 - Dankbaarheid én kommer voor dienste hervat
- Kieskerk.com is BybelMedia se platform vir kerke in Lockdown. Hulle het 'n ekstra bladsy geskep waar hulle verskillende gemeentes, ringe en sinodes se besluite en reaksies op die nuwe regulasies deel. Kyk gerus na die voorbeelde onderaan daardie bladsy.
Dokumente
- Werksdokument en besluit van Weskerk se Kerkraad
- Volledige regulasies t.o.v. kerkbyeenkomste soos vervat in die Staatskoerant
- Werksdokument vir geloofsonderskeidende besluitnemingsprosesse ontvang vanaf Sinode
Hier onder kan jy dan ook vir ons jou praktiese voorstelle en terugvoer m.b.t. kerkwees tydens die staat van inperking, direk aanstuur: